012 329 9188 / 082 863 8977 admin@ligkinderbediening.co.za

Koester-Kinders..

Donate Now

Klein Danie (skuilnaam) het by n kamp aangekom met n enkele ongewaste stelletjie klere, sonder onderklere of skoene of nagklere. Die sigaretbrandmerke op sy gesig en lyfie het hy as “vrugtevliegbyte” verduidelik – uit vrees, want hy mag nie praat nie, ook nie vertel dat sy dwelmverslaafde pa hom vir 4 dae en nagte in n kamer opgesluit het nie.

Teen die saterdagaand breek die damwal, en sy hartjie. n Vriendelike kamp-,mamma koester hom teen haar bors. Sy sussie van drie kry net so swaar, vertel hy, en as hul so honger is verlang hul na Mamma, maar sy is weg – het gevlug met die ander twee sussies uit n lewe van gedwonge prostitusie.